DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU
RIGLYNE VIR BRANDBESKERMINGVERENIGINGS
PLANNE VIR DIE IMPLEMENTERING VAN ARTIKEL 5 VAN DIE NASIONALE WET OP VELD EN BOSBRANDE: PLIGTE VAN BRANDBESKERMINGSVERENIGINGS IN TERME VAN REGULASIE 6.
DEEL B: DIE VEREISTES VAN 'N SAKEPLAN
n RIGLYN VIR DIE OPSTEL VAN 'n SAKEPLAN
SANKSIE EN GOEDKEURING
Die sakeplan moet voorafgegaan word deur goedkeuring soos gesien kan word in die voorbeeld in Deel C.
OPSOMMING
Sien Deel C.
DOEL VAN HIERDIE DOKUMENT
Gee 'n kort verklaring van die doel van die dokument. Sien Deel C
DEKKING VAN DIE SAKEPLAN
Vermeld die oppervlakte in hektare en beskryf die area van die BBV, sien Deel C. Heg 'n kaart aan op 'n skaal wat op 'n A3 of A4 folio sal pas.
Geldigheidstydperk
Meld die begin en eind datums waarin die dokument geldig is (onthou dat die dokument vir 'n vyfjaar tydperk opgestel word).
DIE HUIDIGE STAND VAN SAKE IN DIE GEBIED VAN DIE BBV.
Hierdie is die strategiese konteks vir die sakeplan.
Agtergrond en geskiedenis van die BBV.
Sien Deel C
Sosiale aspekte
Beskryf toepaslike sosiale faktore in die BBV gebied; sien Deel C
Ekonomiese aspekte
Beskryf toepaslike ekonomiese faktore in die BBV gebied; sien Deel C
Omgewings aspekte
Beskryf toepaslike omgewingskundige faktore in die BBV gebied; sien Deel A.4.2 en Deel C.
Veldbrande in die area
Veldbrande en klimaat
Beskryf hoe die plaaslike klimaat en weersomstandighede die voorkoms (getal) en gedrag van brande be-invloed. Maak 'n kort opsomming van die toestande wat "hoë brandgevaar" omskryf. Sien Deel C vir hierdie en die onderstaande paragrawe.
Oorsprong en oorsake van veldbrande
Met die hulp van bestaande rekords en ondervinding maak 'n opsomming van die oorsake van veldbrande en waar die meeste ontstekings voorkom. Identifiseer probleem-areas en oorsake.
Plantegroei en brandgedrag
Maak 'n opsomming van die hooftipes plantegroei, en/of gewasse en die brandgedrag in elkeen van hierdie plantegroeitipes. Sien Deel C Tabel 1.
Veldbrand geskiedenis
Aan die hand van bestaande rekords, bepaal die brandregime ( seisoen, frekwensie en intensiteit). Ontleed historiese groot brande en hulle impakte.
Die rol van veldbrande en die omgewing
Beskryf die voordelige en ekologiese rol van brande en ook hoe om hierdie voordele te behou.
Wetgewing wat van toepassing is op veldbrande in die BBV-area
Beskryf nasionale-en provinsiale wetgewing asook plaaslike verordeninge wat van toepassing is in die gebied.
Huidige veldbrandbestuur
Beskryf die huidige praktyk ten opsigte van die gebruik en bestuur van brande.
Assesering van die effek wat vorige brande gehad het
Gebruik die onderstaande opskrifte en maak 'n opsomming onder elkeen van hulle ten opsigte van die impakte van histories brande. Bespreek onlangse gevalle en meld of daar 'n toename of afname in impakte is.
Sosiale impak
Ekonomiese impak
Omgewings impak
Kriteria vir die evaluering van veldbrand-risiko
Maak 'n lys van die kriteria wat gebruik word om veldbrand-risikos aan te slaan. Hierdie lys van kriteria moet deur die lede van die BBV self ooreengekom word. Gebruik die kriteria om die gevolge van veldbrande aan te slaan (sien 4.4 hieronder).
DIE VELDBRANDBESTUURSTRATEGIE
Die veldbrandbestuurstrategie is die risikobestuur gedeelte van u sakeplan. Sien die toepaslike gedeelte in Deel A en Deel C vir 'n voorbeeld oor hoe om dit te doen.
Doelwit en oogmerk van die strategie
Doelwit
Stel die doel wat u wil bereik met die veldbrand-bestuurstrategie. Sien Deel C
Oogmerke
Maak 'n lys van al die oogmerke wat behaal moet word ten einde die doel te bereik. Sien Deel C.
Gevare identifiseer
Aan die hand van die omgewing se brandgeskiedenis , die oorsprong en oorsake, identifiseer, lys en beskryf die gevare soos in die voorbeeld. Hierdie gevare moet a die wees wat bates aan gevaar blootstel en b moet teikens word vir bestuur. Vir hierdie en die volgende opskrifte sien Deel A en Deel C.
Beskrywing van Bates
Lys die belangrike bates wat aan gevaar blootgestel word vir elkeen van die onderstaande groeperinge. Skryf dit in die tabel in soos in Tabel 3, 4 en 5 in deel C.
Sosiale bates
Ekonomiese bates
Omgewingskundige bates.
Veldbrandrisiko's binne die BBV gebied.
Die oogmerk van hierdie afdeling is om veldbrandrisiko so aan te slaan dat objektiewe opsies vir veldbrandbestuur vir elke gevaartoestand bepaal kan word. Die samevoeging van al hierdie opsies word dan die veldbrandbestuurstrategie. Deel A is 'n riglyn vir die proses wat u moet volg. Sien ook Tabel 6 in Deel C.
Hulpbronne vir veldbrandbestuur.
Hierdie afdeling bestaan uit 'n inventaris van hulpbronne wat aan lede beskikbaar is asook kollektief binne die BBV.Lede moet ooreenkom ten opsigte van die standaarde wat hier gestel word. Konsulteer die Brandweerhoofde as daar is asook enige grondeienaars wat reeds standaarde toepas (bosbedryf ens.). Daar is voorbeelde in Deel C. Sluit die deel van die dokument af met 'n stelling van genoegsame hulpbronne of ge-identifiseerde tekortkominge. Onthou om risikovlak en bekostigbaarheid in die oog te hou.
Bepaal en beskryf die kapasiteit binne u BBV.
Personeel
Bepaal en beskryf die mannekrag wat beskikbaar is binne die BBV, dws. Wat beskikbaar sal wees vir hulp aan die Brandbeskermingsbeampte onder die verskillende toestande.Dui die getal gekwalifiseerde persone aan wat beskikbaar is vir verskillende brandbestuursposte.
Toerusting en fasiliteite
Lys die standaard kategorieë van toerusting en fasiliteite wat beskikbaar is binne die BBV.
Kommunikasie
Beskryf die verskillende kommunikasiegeriewe wat beskikbaar is in die BBV.
Ondersteuning deur sambreelverenigings.
Indien 'n sambreelvereniging hulp verleen, lys die dienste wat hulle bied.
Beoordeling van genoegsame hulpbronne en tekortkominge.
Bepaal die tekortkominge en spesifiseer die beoogde tydraamwerk om dit reg te stel binne die vyf jaar van die plan.
Met die hulpbronne tot u beskiking in gedagte, ontwikkel u veldbrandbestuur-strategie.
Veldbrandrisikobestuur opsies.
Sien Deel A vir 'n riglyn vir hierdie proses.
Sien Deel A en Deel C.
OPERASIONELEPLAN VIR DIE IMPLEMENTERING VAN DIE BESTUURSTRATEGIE.
Die operasioneleplanne vir die individuele eienaars moet in die ge-integreerde bestuursplan vir die gebied saamgevat word. Die ge-integreerde gebiedsplan (BBV plan) moet die volgende insluit:
Brandvoorkomingsplan
Brandgereedheidsplan
Brandbestrydingsplan
Herstelplan na brand
Plan vir samewerking met buur BBVs
Plan vir ondersteuning deur die sambreel organisasie.
Plan vir ondersoeke na brande, rekords en verslae.
Opgraderingsplan wat toerusting en fasiliteite betref.
Die operasioneleplan sal die verskeie agentskappe meld wat verantwoordelik is vir die implementering van die strategie.
Die Departement sal nie operasioneleplanne nagaan en goedkeur nie.Die Departement sal egter bepaal of die lede van die BBV genoegsame aandag geskenk het betreffende die risikos in die gebied en daarvoor objektief beplan het in die strategie. Hiermee saam sal die departement besluit of die bepalings van Artikel 5 (b) van die Wet en 5 (e) nagekom gaan word. Eersgenoemde gaan oor samewerking tussen BBVs en laasgenoemde oor die doeltreffende kommunikering van die brandgevaaraanslag.
MONITERING, HERSIENING EN DIE VERSLAG- SISTEEM VIR HIERDIE DOEL.
Die BBB en die uitvoerendekomitee moet verseker dat die jaarverslag voldoen aan die vereistes wat deur die Minister gestel word. Die BBB moet die verslagsisteem instand hou. Die departement se Veldbrand Informasiesisteem is met die oog op hierdie doel ontwerp. Die Regulasies vereis die volgende wat verslaggewing betref:
Die jaarverslag moet tenminste die volgende insluit-
n vorderingsverslag oor sy werksaamhede en die bereiking van sy oogmerke, al dan nie, wat die volgende insluit die doelwit en die oogmerke soos gespesifiseer in die besigheidsplan;
die implementering van die besigheidsplan as 'n geheel.
n statistiese ontleding van die oorsake, grootte en gevolge van veldbrande in die gebied van die vereniging;
n Opsomming van die misdrywe wat na bewering gepleeg is, vervolgings en skuldigbevindings onder die wet of tersaaklike verordeninge wat in die gebied van toepassing is.
n verslag oor die nakoming van die wet soos vereis in Afdeling 6 (e) van die Wet
Enige ander aangeleenthede wat verband hou met die suksesvolle bestuur of problematies aspekte van veldbrandbestuur in die gebied;
n verslag ten opsigte van die wyse waarop ander organe van die staat en munisipaliteite voldoen het/ nie voldoen het aan die reëls van die BBV;
n opsomming van die verandering in lidmaatskap, insluitende nuwe lede en bedankings, met verstrekking van die redes vir die bedankings;
n verslag oor enige grootskaalse veranderinge aan die sakeplan ten einde die funksionering van die BBV te verbeter; en enige ander toepaslike inligting.
Die sakeplan moet ook aandui hoe die BBV van plan is om samewerking te verkry.
Die reëls van die vereniging word opgestel volgens die onderstaande opskrifte. Deel C van die gewerkte voorbeeld, verskaf verdere toeligting.
Hoofstuk 4 van die NWVBB: Brandbane
Minimum brandbane
Kwytskelding vir die maak van brandbane
Reëls t.o.v tye vir die maak van brandbane
Reëls oor die samewerking tussen bure
Reëls oor die beskerming van biodiversiteit en bodembewaring
Hoofstuk 5 van die NWVBB: Brandbestryding
Minimum toerusting vir die bestryding van brande
Vereistes opgedeel in die tipe en klas van lidmaatskap.
Sien Tabel 8 in Deel C vir voorbeeld.
Toerustingstandaarde
Minimum personeel
Minimum aantal bevoegde personeel in die verskillende werkskategorieë.
Sien Tabel 9 in Deel C vir voorbeeld.
Minimum vereistes vir opleiding
Sien Tabel 9 in Deel C vir voorbeeld.
Minimum beskermde oorklere en toerusting
Verwys na die Beroepsveiligheidswet . Sien ook Deel C vir voorbeeld.
Algemene reëls betreffende die gebruik van vuur.
Onderlinge-hulpverleningsooreenkomste moet op skrif gestel word en moet deur al die partye en getuies onderteken word. Hierdie ooreenkomste moet aan die standaarde wat deur die brandweerdienste gestel word voldoen. Die ooreenkomste moet onderlinge ooreenkomste tydens die eskalasie van brandgevaar insluit en moet ook voorsiening maak vir die betaling van uitgawes aangegaan deur die verskeie partye. Neem kennis dat Afdeling 19 van die Wet voorsiening maak vir ooreenkomste met die Minister ten opsigte van staatsbosgrond.
Brandvoorkoming en gereedheid tydens tydperke van hoë brandgevaar.
Brandvoorkoming en gereedheid tydens tydperke van matige brandgevaar: Tydperke van brandverbod.
Definisie van die tydperke
Voorwaardes vir die uitreik van toestemming om te brand
Toepaslike brandregimes vir voorgeskrewe brandwerk.
Bestuur van rook en atmosferies besoedeling
Opvanggebiedbeskerming ( Bewaring van grond en water)
Indringerplante beheer.
Wetstoepassing
Spel uit watter persone bemagtig is om die Wet toe te pas (BBB, en ander persone aan wie magte gedelegeer is) t.o.v. misdrywe en en strawwe.
Verordeninge vir nie-lede
Lys die verskillende plaaslikeverordeninge wat van toepassing is op nie-lede.
n LYS VAN MAGTE EN PLIGTE WAT DEUR DIE MINISTER AAN DIE BBV IN TERME VAN AFDELING 5 (k) GEDELEGEER MOET WORD.
In die begin mag daar dalk nie 'n noodsaaklikheid bestaan vir sulke delegasies nie. Die departement voorsien egter dat met die verloop van tyd BBVs en sambreel BBVs met magte en pligte toegerus sal word.
